
MOER ‘n BOER Seisoen 2 Is Op Pad!
Moer ‘n Boer is ‘n opwindende geleentheid wat deur Versus MMA aangebied word, waar boere in die ring tree om hul vegvaardighede en gees voor ‘n lewendige gehoor ten toon te stel.

Ons het seisoen 1 ontsaglik baie geniet, en kan nie wag vir die 2de seisoen van Moer ‘n Boer om op dreef te kom nie. Dis nie elke dag wat mens kans kry om ons sterk Boere in aksie te sien nie. Wat meer kan jy voor vra as dit kom by lekker local MMA?

Moer ‘n Boer word aangebied deur Suid Afrika se nuutste jong UFC aanspraakmaker: Cameron Saaiman. Die Netbraai span het in 2024 ‘n lekker spitbraai saam Cameron geniet, en ons kan met ‘n “smile” getuig dat Cameron nie doekies omdraai as dit by MMA kom nie… Die perfekte aanbieder vir hierdie show.
SEISOEN 2:
Seisoen 2 is op pad! Hier het ons 6 vegter kandidate wat ingeskryf het vir seisoen 2 van #moernboer – Watter van die manne dink jy, het n kans om die volgende seisoen se kampioen te word?
Ons sien uit om te kyk wat hierdie Boere gaan aanvang in Seisoen 2! Hou jou oog op social media vir meer inligting oor Moer ‘n Boer Seisoen 2 of besoek hulle gerus online by die volgende links:
MOER ’N BOER:
Website
Facebook
Instagram
Dis Koestyd!