
Hoender Vlerke, Geen Perke
Daar’s ‘n algemene ooreenkoms dat alles in die VSA net ‘n bietjie “groter” is: hulle state, huise, voertuie, porsies, en skynbaar ook die Amerikaners se lus vir hoender tydens die jaarlikse Super Bowl-voetbalkampioenskap. Terwyl Suid-Afrikaners rustig ‘n stukkie biltong of ‘n lekker braaivleisie tydens sportwedstryde geniet, voorspel die Nasionale Hoenderraad in die VSA dat sy burgers meer as 1,4 miljard hoendervlerkies gaan verslind terwyl hulle op 11 Februarie na die batalje tussen die Kansas City Chiefs en San Francisco 49ers kyk. Behalwe vir Thanksgiving is Super Bowl-dag, waarop Amerikaners mekaar aanmoedig met ‘n vlerkie in die hand, Amerika se grootste “eetdag”.
Dis 1,4 miljard hoendervlerkies! Laat daai nommer gou insink…

In plaas van die tradisionele kalkoen op Thanksgiving, het hoendervlerkies die Amerikaners se voorkeurkos geword vir Super Bowl-geleenthede, volgens die raad se 2024-hoendervlerkieverslag. Maine is die enigste staat waar inwoners verkies om kreef vir hierdie spesiale dag voor te sit. “Football is lekker. Hoendervlerkies is lekker. Saam is hulle nóg lekkerder,” het Tom Super, voorsitter van die Nasionale Hoenderraad, met ‘n glimlag gesê. “Natuurlik kan jy steeds jou skyfies, guacamole, en pizza geniet. Maar wanneer dit by spyskaarte Sondag kom, kraai hoendervlerkies beslis koning.”

Hoe Amerikaners hulle hoendervlerkies verkies, is ‘n unieke viering op sy eie. Volgens Super geniet die meerderheid Amerikaners (53%) die vlerkie aan die been eerder as ‘n ontbeende vlerkie. Daar is steeds ‘n 38% wat die tradisionele hoenderbors verkies, maar vlerkies het ‘n spesiale plek in die harte (en maagte) van 20% van Amerikaners.

Vir die liefhebbers van hoendervlerkies is die doopsouse ‘n seremonie op sy eie. BBQ (52%), ranch (52%), en Buffalo (41%) – wat soms ‘n bietjie vuur kan bybring – is die top gunstelinge. Vir bykosse voer aartappelskyfies die pak (72%), terwyl 14% ‘n slaaitjie saam met hul vlerkies verkies.

Maar hoeveel is 1,45 miljard vlerkies eintlik? Laat ons dit vir jou visualiseer:
- 1,45 miljard hoendervlerkies is genoeg sodat elke man, vrou, en kind in die VSA vier vlerkies elk kan eet.
- As Kansas City se afrigter, Andy Reid, elke dag 50 hoendervlerkies eet, sal dit hom 79 452 jaar neem om al 1,45 miljard hoendervlerkies op te eet.
- 1,45 miljard hoendervlerkies is genoeg om 693 vlerkies op elke sitplek in elk van die 30 nasionale voetbalstadions in die land te plaas.
- Indien dit langs mekaar uitgepak word, sal 1,45 miljard hoendervlerkies eenderde van die pad na die maan uitmaak.
- As elke hoendervlerkie een sekonde vorentoe sou verteenwoordig, sou 1,45 miljard hoendervlerkies 46 jaar van nou af gewees het.
