
DIE STASIE: Die Huis van Braaiklas Seisoen 1
Braaiklas seisoen 1 het op 14 April 2024 afgeskop by Die Stasie Padstal and Venue, met die volle episode 1 wat hieronder gesien kan word.

Pretoria Oos se kuier, koffee en eet plek “Die Stasie” trap diep spore in die Zwavel Poort area mense se harte. Van vroeg oggend af kan die mense van Zwavel Poort al op pad werk toe stop vir ‘n koppie koffie voor hulle die dag aanpak. Van 10 uur af vat die reuk van steak en chips Die Stasie oor en mense begin inkom vir ‘n pub lunch wat gewoonlik langer aanhou as wat dit moet.

Met n lekker oop grasperk en atmosfeer wat mens laat voel die stad se gejaag kan vir n oomblik wag, is dit geen wonder dat Die Stasie n populere “watergat” en familie kuierplek geword het nie. Dit is ook hoekom die manne van Netbraai besluit het dat seisoen 1 van Braaiklas daar vervaardig moet word.

Braaiklas is ‘n “Braai Show” soos nog nooit voorheen gemaak in Suid Afrika nie. Dit gee “Influencers” en Jan Publiek die kans om hulle braai vernif te kom uitbeeld in ‘n atmosfeer wat voel soos ‘n braai by jou huis.
2 Spanne braai teen mekaar en “judging” is ge-baseer op meer as net a scripted braai show.
Op Braaiklas kry jy punte as jy jou eie social media deel maak van die show, as jy lekker-bekkig is tel dit ook in jou guns en “Die Pophuis” wag natuurlik ook vir n paar skinder stories soos elke episode loop.
Die aanbieders is Gevoelens en iHope, twee van Pretoria en Suid Afrika se grootse Influencers vir Bekkig en Hoopvol wees. Hierdie twee manne maak seker dat die braai aksie oor meer as net braai gaan.
BRAAIKLAS: THE MOST FUN YOU CAN HAVE WITH MEAT IN YOUR HANDS!
Daar word gebraai vir 5 judges elke show en dit is waar “food presentation” en “smaak” die hoof rol speel. Jy moet ook jou eie bykos maak. Jy weet… die een waaroor jy altyd brag as jy by ‘n braai is.
Braaiklas word net vir digitale platforms gemaak. Daarom kan jy maar kom mengles praat en regtig vir ons se hoe jy voel. Dit sluit politieke, persoonlike en huweliks probleme uit – tensy jy ons aanbieders oortuig.
Seisoen 1 bestaan uit 12 episodes en daar gaan 3 lekker braai events ook by Die Stasie gehou word gedurende die verfilming van Braaiklas seisoen 1.
So hou Die Stasie, Netbraai en Braaiklas se social media dop.
LEKKER SPECIALS BY DIE STASIE:







