Follow us on social

Image Alt

Netbraai

  /  Articles   /  Jou Gids tot die Perfekte Steak op die Braai

Jou Gids tot die Perfekte Steak op die Braai

Of jy nou saam met jou pelle ‘n vleisie wil gooi of ‘n groot familie braai het, om die lekkerste steak op die vuur te braai, is iets wat elke Suid-Afrikaner moet bemeester. Moenie worry nie – met die regte vleisie en ‘n paar “quick easy steps”, kan jy gou die koning van die braai word!

Hier is jou volledige gids om die perfekte steak te braai, met alles van die regte kole tot die beste maniere om daardie sappige, smaakvolle stukkie vleis perfek te kry.

Wenke & Tricks

Braai Hitte vir Steaks
Die beste hitte om jou steak op te braai is hoog – dink 230 tot 290°C. Dit gee jou daai mooi skroei aan die buitekant terwyl die binnekant steeds sappig bly.

Voorbereiding vir die Vleis
Voordat jy die vleis op die vuur gooi, doen die volgende:

  • Maak dit droog: Gebruik kombuispapier om die steak af te vee. Dit help om ‘n beter kors op die vleis te kry.
  • Geur of marineer: Sout en peper is altyd ‘n wenner, maar jy kan ook ‘n lekker marinade gebruik vir ekstra smaak.

Geur Daai Ding!

Hou dit eenvoudig! Sout en peper werk altyd. Maar as jy lus is vir speel, probeer iets soos rooiwyn-infused sout vir ‘n interessante twist… En vat ‘n lekker sluk vir jouself ook!

Steak Marinade

As jy jou braai-game wil up-grade is ‘n marinade ‘n goeie keuse. Probeer ‘n eenvoudige, maar smaakvolle steak marinade. Dit maak die vleis mooi sag.

Hoe lank moet jy ‘n Steak Braai?

Vir ‘n 2.5 cm dik steak, braai dit vir 3-4 minute per kant oor direkte hitte. Dit is net reg om daardie skroei aan die buitekant te kry, terwyl die binnekant mooi gaar is.

Vir dikker steaks (soos ‘n Filet Mignon van 5 cm), braai dit so vir 3-4 minute per kant oor direkte hitte, maar skuif dit dan na indirekte hitte om verder gaar te word.

Interne Temperatuur van ‘n Steak

Gebruik ‘n termometer as jy die steak se interne temperatuur wil check. Hier is wat jy voor mik:

  • Rare (baie rooi): 49 – 54°C
  • Medium-Rare (pienkerig): 54 – 60°C
  • Medium (ligpienk): 60 – 63°C
  • Medium-Well (byna gaar): 63 – 68°C
  • Well-Done (geen pienk): 71°C of hoër

Hoe om jou Steak Sappig en Sag te Kry

  • Geur of marineer jou vleis: ‘n Goeie sout en peper of marinade voeg ekstra smaak by.
  • Pierce met ‘n vurk (opsioneel): Dit kan help dat geurmiddels vinniger in die vleis intrek.
  • Skroei aan beide kante: Dié stap is belangrik om die sappe binne die vleis te hou en ‘daardie’n lekker crispy kors te kry.
  • DON’T OVER-BRAAI: Onthou, jou steak sal nog aanhou kook nadat jy dit van die vuur afhaal. Haal dit af so 5°C onder jou target hitte.
  • Laat dit rus: Na jy dit van die braai afgehaal het, moet daai steak vir so 5 minute rus sodat die sappe mooi deur die vleis kan soak.

Hoe om ‘n Steak Perfek te Braai – Kom ons Braai!

Kies jou vleis! Almal hou van ‘n lekker Filet Mignon of ‘n klassieke New York Strip, maar een van ons gunstelinge bly maar die ou trusty ribeye. Dit het die perfekte hoeveelheid vet wat dit self-marineer terwyl dit braai en ongelooflik sappig en sag maak. Die geur is genoeg om jou nog ‘n dop te laat skink!

Laat jou steak tot kamertemperatuur kom voor jy dit geur. Vat ‘n vurk en prik liggies deur die vleis, sout en peper dit lekker aan albei kante.

Slaan die rooster skoon en maak die hitte hoog – sowat 230 tot 290°C.

Gooi daai steak oor direkte hitte en laat hom vir 3-4 minute aan elke kant braai om dit mooi te skroei.

Vir vetter vleisies soos ribeye, moet jy die steak na indirekte hitte skuif om dit verder te kook. Dun snitte soos New York Strip en Filet kan oor direkte hitte klaar gemaak word.

Medium-rare: Mik vir 54 – 60°C.
Medium: 60 – 63°C.
Medium-well: 63 – 68°C.

Laat die steak rus vir 5 minute nadat dit van die braai afkom. Dit gee daai sappe tyd om deur die vleis te versprei.

Laaste Bederf

As jy ‘n “impression” wil maak, probeer lekker kruiebotter oor jou steak vir ekstra geur. ‘n Vars slaai met roket en ‘n ligte vinaigrette werk ook lekker saam met ‘n geurige steak.

Nou het jy al die wenke en tricks om daai steak soos ‘n pro te braai. Al wat oorbly, is om jou vleisie te geniet! Lekker man, lekker!

Post a Comment

You don't have permission to register
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop